Hond se dinges is 'n Afrikaanse rolprent wat op 20 Maart 2009 uitgereik is.

In 2011 het die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKASA) die DStv-kanaal KykNET met R15000 beboet omdat hy die fliek, wat naak- en sekstonele bevat, 'n verkeerde gradering toegeken en in gesinstyd uitgesaai het. Die tipe flieks mag eers na 20:00 uitgesaai word.kykNET in diep bollie oor Hond se Dinges, Die Burger, 5 Mei 2011

Genre Die rolprent is 'n lekkerlag komedie.

Hoofrolspelers Tinarie van Wyk-Loots as Lara van Niekerk Marcel van Heerden as Oudolf de Lange Frank Opperman as Rommel Coetsee Louw Venter as Bertus Matt Stern as Nardus Tessa Denton as Marita de Villiers Wilson Dunster as Mike Neil Bennett Grib as Orban David Robinson as Bennie die 'Gruisgat' bewonderaar Andre Stoltz as Dominee Morne Visser as Dawid de Lange Ruben Steyn as Kleindolf Brandon Auret as Rommel se oupa Matt Heyns as Loodpyp Corrine Broomberg as Dolf se ma Sandra Ferreira as Tannie Isabel Raath Ivan Botha as Dolf de Lange Nicola Hanekom as Rooi Sarie Cobus Visser as man met 'n worshond

Storielyn Daar is 'n onopgeloste moord op Lichtenburg wat saam met 'n verlore diamant en 'n ​​radio-onderhoud 'n paar (werklike en verbeelde) geraamtes ontbloot. 'n Misterieuse skuldige gewete laat 'n eeue-oue vete tussen die De Langes en die Coetzees opvlam. Uiteindelik ruk die situasie hand uit en absolute chaos breek uit oor verlore en gevonde diamante... en vroue... of dalk beide...

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente