Die Leo II-dwergsterrestelsel of Leo B is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Leeu (Leo). Dit is sowat 690 000 ligjare van die Son af. Dit is in 1950 deur Robert G. Harrington en Albert George Wilson ontdek vanaf die Mount Wilson- en die Palomar-sterrewag in Kalifornië.
Onlangse bevindings In 2007 het ’n span van 15 wetenskaplikes Leo II vanaf die Subaru-teleskoop in Hawaii bestudeer. Oor twee nagte is 82 252 sterre waargeneem tot met ’n skynbare magnitude van net 26. Hulle het bevind Leo II bestaan uit hoofsaaklik ou sterre met ’n lae metaalinhoud.
Die stelsel se massa is na raming sowat 2,7 × 107 sonmassas.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Melkweg