Die Draco-dwergsterrestelsel is ’n sferoïdale satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Draak (Draco). Dit is in 1954 deur Albert George Wilson van die Lowell-sterrewag ontdek op fotoplate van die National Geographic Society in Washington D.C. se Palomar-sterrewag-lugopname.

Eienskappe Onlangse studies het getoon die stelsel bevat waarskynlik groot hoeveelhede donkermaterie. Dit is die ruimtevoorwerp wat sover bekend die meeste deur donkermaterie beïnvloed word.

Die Draco-dwerg het ’n absolute magnitude van -8,6, maar ’n algehele helderheid van net 2×105 keer dié van die Son. Dit is dus een van die Melkweg se dofste satetelliete. Dit is na raming sowat 260 000 ligjare van die Son af en beslaan ’n gebied van 35′.5 × 24′.5 boogminute.

In 1961 het Walter Baade en Henrietta H. Swope die sterrestelsel bestudeer en meer as 260 veranderlike sterre ontdek, waarvan baie RR Lyrae-sterre is.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Draak (sterrebeeld) Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg Kategorie:Plaaslike Groep