Die Fornax-dwergsterrestelsel is ’n elliptiese satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Oond (Fornax). Dit is in 1938 in Suid-Afrika deur Harlow Shapley ontdek op fotografiese plate van die Boyden-sterrewag naby Bloemfontein. Hy het kort tevore die Sculptor-dwergsterrestelsel ontdek.
Die stelsel bevat ses bolvormige sterreswerms; die grootste, NGC 1049, is voor die sterrestelsel self ontdek. Die Fornax-dwerg beweeg teen 53 km/s weg van die Son af. Dit bevat hoofsaaklik populasie II-sterre.
Eksterne skakels Fornax dSph Fornax-dwerg
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg