Die Carina-dwergsterrestelsel of PGC 19441 is ’n satellietstelsel van die Melkweg in die sterrebeeld Kiel (Carina). Dit is in 1977 met die UK Schmidt-teleskoop ontdek deur Cannon en ander.
Carina beweeg teen ’n snelheid van 230 km/s weg van die Melkweg. Dit lyk of dit miljarde jare gelede ontstaan het ná die vorming van die Melkweg se ander satellietstelsels, aangesien sy oudste sterre jonger as 7 miljard jaar is.The Satellite Galaxies Dit is dus redelik jonk in vergelyking met die Melkweg, wat na raming sowat 13,6 miljard jaar gelede gevorm het – byna saam met die res van die heelal. Dit het waarskynlik ’n komplekse geskiedenis, met drie moontlike afsonderlike uitbarstings van stervorming. Dit word ook deur die Melkweg se swaartekrag beïnvloed.
Verwysings
Eksterne skakels
Carina-dwerg Waarnemings van getyinvloede
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Dwergsterrestelsels Kategorie:Melkweg Kategorie:Plaaslike Groep Kategorie:Kiel (sterrebeeld)