300px|regs|duimnael|Kaart van die superswerms wat die naaste aan ons Virgo-superswerm geleë is.

Die Pisces-Cetus-superswermkompleks is ’n kompleks van superswerms wat die Virgo-superswerm insluit waarin ons Lokale Groep en dus die Melkweg val. (’n Studie in September 2014 het egter getoon die Virgo-superswerm is eintlik net deel van ’n nog groter superswerm, Laniakea.)

Ontdekking en eienskappe Die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Instituut vir Sterrekunde het die kompleks in 1987 geïdentifiseer.

Die Pisces-Cetus-kompleks is na raming sowat ’n miljard ligjare lank en 150 miljoen ligjare breed. Dit is een van die grootste strukture wat tot nog toe in die heelal geïdentifiseer is.

Dit bestaan uit sowat 60 superswerms en het na raming ’n massa van sowat 1018 sonmassas (M☉). Volgens die ontdekker bestaan die kompleks uit vyf dele: Die Pisces-Cetus-superswerm Die Perseus-Pegasus-ketting, wat die Perseus-Pisces-superswerm insluit Die Pegasus-Pisces-ketting Die Sculptor-gebied, wat die Sculptor- en Hercules-superswerm insluit Die Virgo-Hydra-Centaurus-superswerm, wat ons Virgo-superswerm en die Hydra-Centaurus-superswerm insluit.

Met sy massa van 1015 M☉, beslaan ons Virgo-superswerm maar 0,1 persent van die totale massa van die kompleks.

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Galaktiese filamente Kategorie:Melkweg