Willard Mitt Romney [ˈɹɑːmnɪ] (* 12 Maart 1947 in Detroit, Michigan) is 'n Amerikaanse sakeman, politikus en voormalige goewerneur van die deelstaat Massachusetts. Ná 'n korrupsieskandaal is Mitt Romney in 1999 as nuwe president en hoof uitvoerende beampte van Salt Lake Organizing Committee (SLOC) benoem, die komitee wat die Olimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City beplan en georganiseer het.Reuters.com, 22 November 2011: Mitt Romney's thrill of victory at the Olympics. Besoek op 30 Augustus 2020
Romney was een van die Republikeinse Party se kandidate vir die presidensiële verkiesing in 2008 en is in 2012 amptelik as kandidaat vir die presidentsverkiesing van daardie jaar genomineer. Romney, wat by die gematigde vleuel van die Republikeinse Party gereken word, was die eerste lid van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Mormone) wat vir die amp van president gestaan het. Hy is op 6 November 2012 deur die Demokraat Barack Obama verslaan.
Sendingwerk In die laat 1960's het Mitt Romney sendingwerk in Frankryk gedoen - 'n moeilike taak in 'n omgewing wat dikwels vyandelik gesind was teenoor die Kerk van Jesus Christus van Heiliges van die Laaste Dae, maar ook teen Amerikaners in die algemeen weens die Verenigde State se betrokkenheid by die Viëtnamoorlog.Deseret News, 2 Julie 2007: Mitt's LDS roots run deep. Besoek op 6 Oktober 2020
Verwysings
Eksterne skakels Wiki-webtuistes
Amptelike webtuistes
Romney for Utah: As I See It Mitt Romney, U.S. Senator for Utah
Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Massachusetts Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense