Die Dwerg-sitarien (Hemigrammocharax machadoi) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere. In Engels staan die vis ook bekend as die Dwarf citharine.

Voorkoms Die vis se lyf is slank en die sylyn is nie volledig nie. Die vinne is kort en daar is nie 'n vetvin nie. Die vissie is lig olyf kleurig en silwer aan die onderkant met 12-16 vertikale strepe oor die lyf. Daar is ook 'n prominente swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word 40 mm lank.

Habitat Die vis verkies helder, stil water met baie plantegroei in. Dit is volop op vloedvlaktes en die Okavangodelta. Hulle vreet klein ongewerweldes en blare van plante en broei in die somer.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Hemigrammocharax-machadoi.html

Kategorie:Beenvisse