Distichodontidae (Sitarine) is 'n vis-familie van die orde Characiformes. Die familie kom slegs in Afrika voor en bestaan uit agtien genera met oor die negentig spesies waarvan drie genera in Suider-Afrika voorkom. Die naam verwys na die tande van die vis; hulle het kenmerkend twee rye tande. Die monde is ongewoon vierkantig en baie spesies het vertikale strepe oor die lyf.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Distichodus Distichodus mossambicus - Nkupe Distichodus schenga - Chessa

Hemigrammocharax Hemigrammocharax machadoi - Dwerg-sitarien Hemigrammocharax multifasciatus - Veelbalk-sitarien

Nannocharax Nannocharax macropterus - Breëbalk-sitarien

Neolebias Neolebias lozii - Balk-dwergsitarien

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse