duimnael|Lande met Christene

Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees. Dit is ook die grootste godsdiens in die wêreld. Die Bybel is Christene se heilige boek, hulle aanbid in kerke en die kruis is hul simbool. Die Bybel bestaan uit 39 Ou Testament en 27 Nuwe Testament boeke. 'n Belangrike onderdeel van die verlossing is die idee van versoening wat deur Jesus Christus bewerk is tussen God en mens en dit illustreer een van die kern karaktereienskappe van God, naamlik sy genade. Christene glo dat die toestand van die wêreld duidelik wys dat daar 'n skeiding tussen God en sy skepping bestaan. Die skeiding is veroorsaak deur sonde, oftewel eie belang, onder mense en 'n verlies aan 'n oop verhouding met hulle Skepper. Christene glo dat God as Jesus na mense uitreik sodat die skeiding tussen Hom en die mense verwyder kan word.

Die kern geloof van Christene word aangetref in die bekende vers, Johannes 3:16 - "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."Johannes 3:16 – Afrikaans Ou Vertaling Die belangrikste deel van die Christelike geloof is die van redding, wat ook verlossing of wedergeboorte genoem word.Johannes 3:3 Hierdie redding is redding uit en vergifnis van sonde, en ook verlossing van hel. Die Bybel stel dit duidelik dat alle mense as sondaars gebore word,Romeine 3:23 en dat hulle die straf vir hul sonde verdien. Dit is waarom Jesus Christus moes sterf, om die straf van sonde namens ons op Hom te neem. Christene glo daarom volgens die Bybel dat verlossing verkry word as God iemand se sonde vergewe en hom aanneem as Sy kind, wanneer die persoon in Christus glo om hom te red en sy sonde erken en bely.Romeine 10:9, 13

Die Christendom is tans die religie met die grootste aantal volgelinge.

Vertakkings Die Christendom het oor die twintig eeue van sy bestaan in baie vertakkings verdeel, onder andere:

Assiriese Kerk van die Ooste (Nestoriaanse Kerk)

Katolieke kerke Oosters-Katolieke Kerke Maronitiese Kerk Ou Katolieke Kerk Rooms-Katolieke Kerk

(Oosters-)Ortodokse kerke Grieks-Ortodokse Kerk Russies-Ortodokse Kerk

Oriëntaal-Ortodokse kerke Ethiopies-Ortodokse Kerk Siries-Ortodokse Kerk

Protestantse kerke Adventistiese kerke Jehovah se Getuies Anglikaanse Kerk Apostoliese Kerke (Irvingisme) Apostolic Church in Queensland Hervormde Ou Apostoliese Kerk Katoliek Apostoliese Kerk Nuwe Apostoliese Kerk Ou Apostoliese Kerk Twelve Apostles Church in Christ Baptiste kerke Calvinistiese of Gereformeerde kerke Gereformeerde kerke in Suid-Afrika: Nederduitse Gereformeerde Kerk Familie Nederduitse Hervormde Kerk Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Presbiteriaanse Kerk Charismatiese kerke Shophar Evangeliese kerke Kongregasionalistiese kerke Lutheraanse kerke Metodistiese kerke Pinksterkerke Apostoliese Geloofsending Ware Jesuskerk

Belangrike Christelike feesdae +Christelike feesdaeNaamGebeurtenisKersfeesJesus se geboortedagGoeie VrydagDie kruisiging van JesusPaassondagJesus se opstandingHemelvaartJesus se opvaart na die hemelPinksterDie uitstorting van die Heilig Gees

Interessante feite oor die Bybel

Die eerste vyf boeke van die Bybel is ongeveer vierhonderd jaar voor Christus se geboorte voltooi. Dit word die Tora genoem. Psalm 117 is die kortste hoofstuk in die Bybel. Psalm 119 is die langste hoofstuk in die Bybel. 1 Kronieke 1:1 is die kortste vers in die Bybel - die het elf letters. Ester 8:9 is die langste vers in die Bybel. Die eerste Afrikaanse Bybel het in 1933 verskyn. In 2003 was daar reeds vyf verskillende vertalings van die Bybel in Afrikaans.

Sien ook Bybel Christelike doktrine Herlewing (Christendom) Teologie

Verwysings

Kategorie:Jesus Kategorie:Monoteïsme Kategorie:Westerse kultuur