Johnston se lampogie (Aplocheilichthys johnstoni) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, die Zambezirivier, Pungwerivier, Busirivier, Limpoporivier, opvanggebied van die Malawimeer en die Rukwameer. In Engels staan dit bekend as Johnston's topminnow.

Voorkoms Die vissie het 'n lang, skraal lyf met die dorsale vin agter op die rug en die stertvin is bolrond. Die mannetjies is meer kleurryk as die wyfies en is deurskynend geel van kleur en die skubbe het 'n ligte silwer-blou skynsel op. Daar is ook swart rante op die dorsale-, stert- en anale vinne. Daar is soms 'n blou skynsel op die boonste helfte van die kieu-deksel. Die oë se irisse is silwer blou. Die vissie word tot 50 mm lank.

Habitat Die vissie leef in beskermende water waar volop plantegroei is, ook in vlak water van stil riviere, vloedvlaktes en moerasse. Hulle leef in skole saam naby die oppevlakte en vreet ongewerweldes soos muskiet larwes. Die wyfie se eiers klou aan die plantegroei vas. Wanneer voedsel volop is paar die visse feitlik daagliks.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Aplocheilichthys-johnstoni.html

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse