Messier 103 of M103 (ook bekend as NGC 581) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Dit is een van die verste oop swerms, met ’n afstand van tussen 8 000 en 9 500 ligjare van die Aarde af.Robert Bruce Thompson , M103 (open cluster in Cassiopeia). URL besoek op 13 April 2011 Die helderste sterre is rooireuse met ’n skynbare helderheid van 10,5 en 10,8 mag. M103 is sowat 25 miljoen jaar oud.

Geskiedenis Ná Méchain se ontdekking van Messier 101, M102 en M103 in 1781 het Messier nie self die geleentheid gehad om die sterreswerms van naderby te bestudeer voordat hy hulle by sy katalogus gevoeg het nie. In 1783 het William Herschel M103 bestudeer en gesê daar is 14 tot 16 taamlike groot sterre, waarvan baie dof is. Sterrekundiges het daarna die getal opgestoot na 40, later 60 en eindelik 172 sterre.

Verwysings

Eksterne skakels Open SEDS: Messier 103 Skyhound.com

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sterreswerms C103 Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Kassiopeia (sterrebeeld)