Messier 105 of M105 (ook bekend as NGC 3379) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek, net ’n paar dae ná die nabygeleë sterrestelsels Messier 95 en Messier 96.

Dit is een van die voorwerpe wat nie oorspronklik in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem is nie. Dit is eers bygevoeg nadat Helen S. Hogg ’n brief van Méchain ontdek het waarin hy M105 beskryf en nadat die voorwerp geëien is as ’n sterrestelsel wat toe bekend was as NGC 3379.

M105 het ’n supermassiewe swartkolk in sy kern.

M96-groep M105 is een van verskeie sterrestelsels in die M96-groep, ’n sterrestelselswerm in die Leeu. M95 en M96 behoort ook tot die groep.

Verwysings

Eksterne skakels StarDate: M105 SEDS: Messier 105 ESA/Hubble-foto

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

C105

Kategorie:Elliptiese sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)