Messier 14 of M14 (ook bekend as NGC 6402) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek.
Die sterreswerm is sowat 30 000 ligjare van die Aarde af. Dit is sowat 100 ligjare breed en bevat verskeie honderdduisende sterre. Met sy oënskynlike magnitude van 7,6 kan dit met ’n verkyker gesien word. Die helderste ster het ’n magnitude van 14.
Die algehele helderheid van M14 is sowat 400 000 keer dié van die Son, wat neerkom op ’n absolute magnitude van -9,12. Daar is altesaam 70 bekende veranderlike sterre. In 1938 het ’n nova verskyn, maar dit is nie ontdek tot in 1964 toe fotografiese plate van daardie tyd bestudeer is nie. Daar word gereken die nova het ’n maksimum helderheid van 9,2 mag bereik: meer as vyf keer dié van die helderste "normale" ster in die swerm.
Eksterne skakels SEDS: Messier 14 M14, Galactic Globular Clusters Database
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
10014 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld)