Die Arendnewel (ook bekend as onder meer Messier 16 en NGC 6611) is ’n jong oop sterreswerm in die sterrebeeld Slang. Dit is in 1745-'46 deur Jean-Philippe de Cheseaux ontdek en daarna deur Charles Messier in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is die tuiste van die bekende Skeppingspilare wat op ’n foto deur die Hubble-ruimteteleskoop gesien kan word as pilare van stervormende interstellêre gas en stof.
Eienskappe duimnael|links|160px|Die toring gas in M16, die Arendnewel. Die Arendnewel is deel van ’n emissienewel, of H II-gebied, wat gelys word as IC 4703. Die streek met sy aktiewe stervorming is sowat 7 000 ligjare van die Aarde af. ’n Toring gas wat uit die newel kom, is sowat 9,5 ligjare of 90 biljoen kilometer hoog.The Eagle has risen: Stellar spire in the Eagle Nebula – European Space Agency
Die helderste ster in die newel (HD 168076) het ’n skynbare magnitude van 8,24 en kan dus met ’n verkyker gesien word. Dit is eintlik ’n dubbelster bestaande uit ’n O3.5V-tipe en ’n O7.5V-tipe ster.The massive star binary fraction in young open clusters – II. NGC6611 (Eagle Nebula)
Die sterreswerm wat met die newel verbind word, het sowat 460 sterre, waarvan die helderste een ’n massa van sowat 80 sonmassas en ’n helderheid van tot 1 miljoen keer dié van die son het. Sy ouderdom word geraam op 1-2 miljoen jaar.NGC 6611: A cluster caught in the act
Skeppingspilare Foto's wat in 1995 deur Jeff Hester en Paul Scowen met behulp van die Hubble-ruimteteleskoop geneem is, het sterrekundiges se begrip van die prosesse in die newel grootliks verbeter. Een van die foto's is van die wolkkolomme bekend as die Skeppingspilare. ’n Groot gebied van stervorming kan daarop gesien word. Die klein, donker gebiede is waarskynlik protosterre. Die pilaarstruktuur van die streek lyk baie soos die heelwat groter stervormende gebied wat in 2005 deur die Spitzer-ruimteteleskoop geneem is in die sterrebeeld Kassiopeia en wat die Siel-newel genoem word.
Die langste pilaar is 7 ligjare hoog. Weens die geweldige afstand van die Aarde af kan daar reeds ’n jong klomp sterre in die plek van die pilare wees sonder dat ons dit weet. Vroeg in 2007 het sterrekundiges wat die Spitzer-ruimteteleskoop gebruik, bewyse gevind wat dalk daarop dui dat die pilare sowat 6 000 jaar gelede vernietig is deur ’n supernova-ontploffing daar naby, maar die lig wat wys hoe die nuwe vorm van die newel nou lyk, sal die Aarde eers oor ’n millennium bereik.Famous Space Pillars Feel the Heat of Star's Explosion – Jet Propulsion Laboratory
Galery
Verwysings
Eksterne skakels Seds.org, SEDS: Messier 16 Spacetelescope.org , Hubble-foto's van M16
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
10016 Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slang (sterrebeeld) Kategorie:Sterreswerms