Die Omega-newel (ook bekend as die Swaan-, Kreef- of Hoefyster-newel, Messier 17 en NGC 6618) is ’n emissienewel in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1745 deur Philippe Loys de Chéseaux ontdek en Charles Messier het dit in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is geleë in die ryk stervelde van die Boogskutter-gebied van die Melkweg.
Die Omega-newel is tussen 5 000 en 6 000 ligjare van die Aarde af en strek sowat 15 ligjare ver. Die wolk van interstellêre materiaal waarvan die newel deel is, het ’n deursnee van sowat 40 ligjare en ’n massa van 30 000 sonmassas. Omega self se massa word geraam op sowat 800 sonmassas. Dit word beskou as een van die helderste en grootste stervormende streke in ons sterrestelsel.
’n Oop sterreswerm van 35 sterre lê in die newelagtigheid en veroorsaak dat die gasse van die newel glinster vanweë bestraling deur hierdie warm jong sterre. Daar is egter heelwat meer sterre in die newel, tot 800.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 17 Omega by ESA/Hubble
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld) Kategorie:Emissienewels 10017 Kategorie:NGC-voorwerpe