Chanté Hinds is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Hinds is op 2 Augustus 1968 in Kaapstad gebore, maar word in Johannesburg groot. Sy matrikuleer by die Hoërskool Kemptonpark en verwerf daarna 'n B.A.-graad in Drama en Engels aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O..
Hinds trou aanvanklik met Evan Schoombie en daarna met Christian Zimelka. In 2007 tree sy vir 'n derde keer in die huwelik met 'n wolboer, Jan Möller. Die egpaar se oudste kind, die 18 maande oue seuntjie Jan Daniël Möller verdrink in 2009 in 'n plaasdam, net minder as twee jaar nadat haar broer in die see verdrink het.TV-ster se baba verdrink in dam, Beeld, 15 Mei 2009
Filmografie Stilte, 2012 as Tannie Dorrette Jakhalsdans, 2010 as Bokkie de Wet Begeertes (TV-reeks), 2007 as Barbara Goeiemôre Suid-Afrika Orkney Snork Nie (Die Moewie) 1992
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu