Messier 21 of M21 (ook bekend as NGC 6531) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 5 Junie 1764 deur Charles Messier ontdek wat dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem het.
M21 is ’n relatief jong sterreswerm van net sowat 4,6 miljoen jaar. Dit is ’n digte swerm, maar bevat sowat 57 sterre. Die meeste is klein en dof, maar ’n paar blou reuse is geëien. Dit is nie met die blote oog sigbaar nie, maar wel op ’n donker nag met ’n verkyker.
Eksterne skakels Messier 21, SEDS: Messier 21
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
20021 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld)