Die Boogskutter-sterrewolk (ook bekend as Messier 24, Delle Caustiche en IC 4715) is ’n sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Die swerm is sowat 600 ligjare breed. Die sterre, swerms en ander voorwerpe waaruit dit bestaan, is deel van die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg. Messier het dit beskryf as ’n "groot newelagtigheid wat baie sterre bevat".
Dit is die digste konsentrasie van individuele sterre wat met ’n verkyker gesien kan word, met sowat 1 000 sterre wat binne ’n enkele gesigsveld sigbaar is.
Eksterne skakels SEDS: Messier 24
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld) 20024 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:Melkweg