Pretville is 'n Afrikaanse rolprent wat op 23 November 2012 in fliekteaters landswyd begin draai het. Die rolprent het in sy openingsnaweek meer as R900 000 verdien.Pretville verdien groot by loket, Nuus24, besoek op 27 November 2012
Die rolprent handel oor 'n klein fiktiewe dorpie in die laat 1950's wat in die harte van alle Suid-Afrikaners lê. Hier is alles moontlik en allerhande interessante dinge gebeur. Pretville is die blyplek van ʾn paar bekende akteurs en sangers, maar daar is ook nuwe intrekkers met nuwe, vars talent. Die dorp doen sy naam gestand en daar is altyd 'pret' in Pretville!
Genre Die rolprent is 'n musiekblyspel.
Hoofrolspelers Marlee van der Merwe as Serah Somers Eugene Jensen as Dawid de Witt Annette Engelbrecht as Ouma Sarie Terence Bridgett as Pierre Lukuveer Emo Adams as Jakkie Jakkie Louw as Bennie Steve Hofmeyr as Eddie Elektriek Lizz Meiring as Lollie le Roux Willem Botha Liesl du Toit as die verpleegster, Santjie Hykie Berg as Meyer Labuschagne En andere.
Verwysings
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente