Lokval in Venesië is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1972 uitgereik is. Die regisseur was Ivan Hall, terwyl Gé Korsten die hoofrol vertolk het. Dit is Gé se voorlaaste fliek, en is vyf jaar voor Netnou hoor die kinders verfilm. Die rolprent is op 14 Oktober 2012 in DVD-formaat gratis saam met die Rapport aan sy lesers versprei.Liefde, spanning, ’n rower en ’n laspos: dís als in Gé se fliek , Beeld, 29 September 2012Gé maak destyds vir Gogga bang , Rapport, 7 Oktober 2012

Genre Die rolprent is 'n musiekblyspel. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers Gé Korsten as die speurder, Alwyn van der Hoven Diane Ridler Bob Riley as die rower June Seymour as Zelida Maude Klang (née Adendorff) as Gogga, ’n verstekeling op die skip

Storielyn Die rolprent handel oor Zelida, ’n eksentrieke oujongnooi, wie se juwele gesteel is. Sy en haar niggie gebruik die sakkevol versekeringsgeld wat uitbetaal is om ’n bootreis vanaf Suid-Afrika na Venesië in die Mediterreense See te onderneem. Sy is heeltemal onbewus van ’n agterdogtige speurder, wat hom as ’n ambassadeur voordoen sodat hy hulle onder oë kan hou. Intussen is die rower met sy mooi meisie en die gebuite juwele ook op die skip. Boonop is daar ’n weeskind-verstekeling wat sake verder deurmekaar krap.

Verwysings

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente