Die bibcode is ’n bepaler wat deur ’n aantal astronomiese datastelsels gebruik word om geskrifte aan te dui. Die kode het ’n vasgestelde lengte van 19 karakters en het die vorm YYYYJJJJJVVVVMPPPPA, waar YYYY die jaartal van die geskrif is en JJJJJ aandui waar dit gepubliseer is. In die geval van ’n joernaalverwysing is VVVV die volume, M die seksie van die joernaal (bv. L vir die Briewe-seksie), PPPP gee die bladsynommer en A is die eerste letter van die skrywer se van. Leestekens (.) word gebruik om leë velde aan te dui of velde langer te maak wat te kort is; dit word gedoen aan die regterkant vir die publikasiekode en aan die linkerkant vir die volume en bladsynommer.
Voorbeelde: Bibcode Reference 1974AJ.....79..819H 1924MNRAS..84..308E 1970ApJ...161L..77K
Verwysings
Kategorie:Elektronika Kategorie:Sterrekundige databasisse