Die Phongolo-suierbekkie (Chiloglanis emarginatus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Nkomatirivier, Pongolarivier, Pungwerivier en onderste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Phongolo suckermouth.

Voorkoms Die vis lyk baie soos die Inkomati-suierbekkie; die stertvin is egter holrond en die baarde langer. Die vel is skurf met klein knoppies op. Die vis is bruin met donker skadu's en die sylyn is wit. Die vinne is liggeel met swart strepe en daar is swart streeop op rug tot by die stertvin. Die vis word tot 65 mm lank.

Habitat Die vis leef in vlak rotsagtige areas. Die vis broei in die somer en vreet Ongewerweldes. Hierdie spesie word as naby bedreigd beskou.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chiloglanis-emarginatus.html

Kategorie:Beenvisse