Die Zambezi-suierbekkie (Chiloglanis neumanni) is 'n varswatervis wat voorkom in die Kunenerivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, onder die Victoria-waterval, Pungwerivier en die Buzirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as Neumann's suckermouth.
Voorkoms Die vis se lyf is matig taps, die stertvin is gevurk en die dorsale vinne is getand. Die baarde is lank en die vel is skurf en vol knoppies en riffels. Die vis se kleur is ligbruin met swart of donkerbruin kolle op. Die vis word tot 65 mm lank.
Habitat Die vis leef in rotsagtige areas in riviere.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel Chiloglanis neumanni by FishBase.
Kategorie:Beenvisse