Messier 36 of M36 (ook bekend as NGC 1960) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is voor 1654 deur Giovanni Batista Hodierna ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is sowat 4 100 ligjare van die Aarde af en is sowat 14 ligjare breed.

Die swerm het minstens 60 sterre en stem baie ooreen met die sterreswerm Plejades (M45). As hulle dieselfde afstand van die Aarde af was, sou hul sigbare magnitude (helderheid) ooreengestem het.

Eksterne skakels SEDS: Messier 36

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

30036 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Koetsier (sterrebeeld)