Galaxias is 'n vis genus wat hoort tot die familie Galaxiidae. Die genus bestaan uit klein vissies, almal met silindriese lywe en sonder skubbe. Die dorsale vin is agter op die rug. Die meeste spesies is varswater visse maar party spesies kom voor in strandmere en party is diadrome vissoorte - hulle migreer tussen vars en seewater.

Spesie Die volgende spesie is die enigste een wat in Afrika voorkom: Galaxias zebratus - Kaapse galaxias

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse