Winnecke 4 (ook bekend as onder meer Messier 40) is ’n dubbelster in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek terwyl hy ’n newel gesoek het wat glo in die gebied deur Johann Hevelius opgemerk is. Hy het geen newel gesien nie, net die dubbelster, en het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Dit is in 1863 herontdek deur Friedrich Winnecke. Robert Burnham jr. het M40 as "een van die min werklike foute in die Messier-katalogus" beskryf omdat die voorwerp nie ’n newel is nie en Messier daaroor gekritiseer.Burnham's Celestial Handbook, "Ursa Major: M40", p. 1982
In 1991 is die afstand tussen die twee sterre gemeet as 51".7, ’n toename sedert Messier se tyd. Data wat ingesamel is deur die sterrekundiges Brian Skiff (2001) en Richard L. Nugent (2002) dui daarop dat dit dalk slegs ’n optiese dubbelster is, eerder as twee sterre wat met mekaar verband hou.http://messier.obspm.fr
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 40 Messier-foto
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Groot Beer 40040 Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:G-tipe hoofreekssterre