Messier 43 of M43 (ook bekend as NGC 1982 en De Mairan se Newel) is ’n H II-gebied in die sterrebeeld Jagter. Dit is voor 1731 deur Jean-Jacques Dortous de Mairan ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
De Mairan se Newel is deel van die Orion-newel en word van die hoofnewel geskei deur ’n baan van stof. Dit is deel van die groter Orion-kompleks.
Eksterne skakels SEDS: Messier 43
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
40043
Kategorie:Emissienewels Kategorie:Refleksienewels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Jagter (sterrebeeld)