Messier 46 of M46 (ook bekend as NGC 2437) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Agterdek. Dit is in 1771 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Die sterreswerm is sowat 5 500 ligjare van die Aarde af en sy geraamde ouderdom is verskeie honderdmiljoene jare. Dit lyk of die planetêre newel NGC 2438 in die swerm aan sy noordelike rand lê, maar dit is waarskynlik onverwant omdat sy radiale snelheid verskil van die swerm s'n.
M46 is sowat 1 graad oos van Messier 47 in die lug en die twee oop swerms kan saam gesien word met ’n verkyker of wye teleskopiese veld.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 46 Dark Atmospheres Photography
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
40046 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Agterdek (sterrebeeld)