Messier 49 of M49 (ook bekend as onder meer NGC 4472) is ’n elliptiese sterrestelsel sowat 49 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 19 Februarie 1771 deur Charles Messier ontdek en hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

As ’n elliptiese sterrestelsel het Messier 49 die vorm van ’n radiosein-intensiewe stelsel, maar dit het net die radio-emissies van ’n gewone sterrestelsel. Die kern straal X-strale uit wat dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n geraamde massa van 5,65 × 108 sonmassas, of 565 miljoen keer die massa van die Son. Die enigste supernova wat nog in die stelsel gesien is, is SN 1969Q, wat in Junie 1969 ontdek is.

M49 het ’n groot versameling bolvormige sterreswerms – sowat 5 900. Dit is egter veel minder as die 13 450 bolswerms in die superreusagtige elliptiese sterrestelsel Messier 87. Die swerms in M49 is gemiddeld sowat 10 miljard jaar oud.

M49 is die eerste lid van die Virgo-sterrestelselswerm wat ontdek is. Dit is die helderste stelsel in die Virgo-swerm – helderder as enige stelsel nader aan die Aarde. Dit is in ’n swaartekrag-interaksie gewikkel met die onreëlmatige dwergstelsel UGC 7636. Die dwerg toon ’n spoor van afval wat oor rofweg 1 × 5 boogminute strek.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Sterrestelsel M49 Swartkolk in M49

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

40049

Kategorie:Elliptiese sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)