Messier 37 of M37 (ook bekend as NGC 2099) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Koetsier. Dit is die helderste van drie sterreswerms in die Koetsier en is voor 1654 deur Giovanni Battista Hodierna ontdek. Hy het ook M36 en M38 ontdek. Laasgenoemde twee is in 1749 herontdek deur Guillaume Le Gentil en M37 in 1764 deur Charles Messier. Dit word ook geklassifiseer as Trumpler-tipe I,1,r of I,2,r.

Die swerm het sowat 150 sterre met ’n sigbare helderheid van meer as 12,5 mag. Daar is minstens ’n dosyn rooireuse en sy warmste hoofreeksster is tipe B9 V. Dit bevat net soveel of meer metale (swaarder elemente) as die Son. M37 is sowat 4 500 ligjare (1 300 parsek) van die Aarde af.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 37

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

30037 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Koetsier (sterrebeeld)