Messier 39 of M39 (ook bekend as NGC 7092) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Dit is sowat 824,4 ligjare (252,8 parsek) van die Aarde af en sowat 200 tot 300 miljoen jaar oud. Dit het ’n sigbare helderheid van 5,5 mag.

Eksterne skakels SEDS: Messier 39

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

30039 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Swaan (sterrebeeld)