Die Laeveldse suierbekkie (Chiloglanis swierstrai) is 'n varswater vis wat voorkom in die Limpopo-, Inkomati- en die Pongolariviere in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Lowveld suckermouth.

Voorkoms Die vis het 'n lang, skraal lyf en die stertvin is gevurk. Die oë is redelik groot en is naby aan mekaar. Die mondskyf is klein en die baarde lank. Die vis is bruin aan die bokant met ligter vlekke, terwyl die onderkant wit is. Die sylyn is wit en daar is 'n swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 70 mm lank.

Habitat Die vis leef in sanderige gebiede in vloeiende riviere naby sandbanke en kan hulself in die sand begrawe. Hulle vreet klein ongewerweldes en broei in die somer.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Chiloglanis-swierstrai.html

Kategorie:Beenvisse