Die Okavango-suierbekkie (Chiloglanis fasciatus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Okavangorivier, Kwandorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Okavango suckermouth.

Voorkoms Die vis se lyf is slank en taps met die stertvin gevurk. Die kop is geboë en die baarde langerig. Die oë is redelik groot en die vis is deurskynend wit met donkerbruin vlekke op. Daar is bruin bande oor die vinne. Die vis word tot 65 mm lank.

Habitat Die vis leef in rotsagtige stroomversnellings asook in plantegroei op die wal van die hoofstroom. Die vis vreet ongewerweldes en alge vanaf die oppervlakte van plante en rotse.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel Chiloglanis fasciatus by FishBase

Kategorie:Beenvisse