Bjorn Basson (gebore in King William's Town op 11 Februarie 1987) is 'n oud-Springbokrugbyspeler wat lank vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die in Superrugby op vleuel gespeel het. Basson het skoolgegaan by Dale-kollege in sy tuisdorp. Hy begin sy provinsiale rugbyloopbaan by die Wildeklawer Griekwas, en draf 55 keer vir hul uit sedert sy Curriebekerdebuut in 2007 voordat hy na die Blou Bulle skuif in 2011.
Eksterne skakels
Bulls profiel itsrugby.co.uk profiel
Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lewende mense