Messier 30 of M30 (ook bekend as NGC 7099) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Steenbok. Dit is in 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Hy het dit beskryf as ’n ronde newel sonder ’n ster.

M30 kan goed deur ’n verkyker gesien word as ’n kol newelagtige lig wat sowat 4 boogminute breed is. Met ’n groter instrument kan individuele sterre gesien word.

Die sterreswerm is sowat 29 400 ligjare van die Aarde af en is sowat 93 ligjare breed. Sy ouderdom word op rofweg 12,93 miljard jaar geraam en sy massa op sowat 160 000 sonmassas. Dit volg ’n retrograde baan (in ’n teenoorgestelde rigting) in die binneste galaktiese halo wat daarop kan dui dat M30 nie in die Melkweg ontstaan het nie, maar uit ’n ander sterrestelsel kom.

M30 is deur ’n proses wat kerninstorting genoem word, en het nou ’n konsentrasie massa by sy kern van sowat ’n miljoen keer die Son se massa per kubieke parsek. Dit maak dit een van die digste streke in die Melkweg. Sterre wat so dig bymekaar lê, sal ’n hoë mate van interaksie hê wat kan lei tot onder meer die ontstaan van dubbelsterre.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 30 Messier 30, Galactic Globular Clusters Database

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia</small>

30030

Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Steenbok (sterrebeeld)