Messier 28 of M28 (ook bekend as NGC 6626) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is op 27 Julie 1764 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
In die lugruim is dit minder as ’n graad noordwes van die ster Kaus Borealis, wat ’n helderheid van 3 mag het. Deur ’n verkyker is dit sigbaar as ’n mistige kol.
M28 is sowat 17 900 ligjare van die Aarde af. Dit is 2 miljard jaar oud en het ’n massa van 551 000 sonmassas. Daar is 18 veranderlike sterre in die swerm. In 1986 was dit die eerste bolvormige sterreswerm waarin ’n millisekonde-pulsar, PSR B1821–24, gevind is. Sedertdien is nog 11 gevind. In 2011 was dit die derde grootste bekende getal pulsars in ’n swerm.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 28 Messier 28, Galactic Globular Clusters Database
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
20028 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Boogskutter (sterrebeeld)