Messier 19 of M19 (ook bekend as NGC 6273) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is op 5 Junie 1764 deur Charles Messier ontdek en hy het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. William Herschel het in 1784 die individuele sterre geëien.

M19 is een van die mees afgeplatte bekende bolvormige swerms. Hierdie afplatting weerspieël dalk nie die ware vorm van die sterreswerm nie, aangesien lig aan die oostekant in ’n groot mate deur gas en stof geabsorbeer word. Wanneer dit in infrarooi besigtig word, is daar feitlik geen afplatting nie. Die swerm is 28,7 ligjare van die sonnestelsel af en is baie na aan die Melkweg se middelpunt (sowat 6,5 ligjare ver).

Die swerm se massa is sowat ’n miljoen keer dié van die son en is sowat 11,9 miljard jaar oud. Dit bevat minstens vyf veranderlike sterre.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 19 Messier 19, Galactic Globular Clusters Database

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

10019 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld)