Messier 15 of M15 (ook bekend as NGC 7078 en GCl 120) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Vlieënde Perd. Dit is in 1746 deur Jean-Dominique Maraldi ontdek. Charles Messier het dit in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Teen ’n geraamde ouderdom van 12 miljard jaar is dit een van die oudste bekende bolvormige swerms.
M15 is sowat 33 600 ligjare van die Aarde af en het ’n deursnee van 175 ligjare. Dit het ’n absolute magnitude van -9,2, dus sowat 360 000 keer dié van die Son. Messier 15 is een van die digste bekende bolswerms in die Melkweg. Sy kern het ’n sogenaamde kerninstorting ondergaan en dit het dus ’n baie digte kern met ’n enorme getal sterre en moontlik ’n swartkolk.
M15 het sowat 100 000 sterre, waarvan 112 sover bekend veranderlike sterre, is en 8 pulsars, insluitende ’n dubbel-neutronsterstelsel, M15 C. M15 bevat ook Pease 1, die eerste planetêre newel wat in ’n bolvormige sterreswerm ontdek is (in 1928). Sedertdien is nog net drie ander ontdek.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 15 Messier 15, Galactic Globular Clusters Database
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
10015 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Vlieënde Perd