Amphiliidae (Bergbabers) is 'n visfamilie van die orde Siluriformes. Die familie bestaan uit nege genera met sestig spesies wat in Afrika voorkom waarvan twee genera met vyf spesies in Suider-Afrika voorkom.

Habitat Die vis verkies helder, vinnigvloeiende strome en riviere om in te leef.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Amphilius Amphilius laticaudatus - Breëstert-bergbaber Amphilius natalensis - Natalse bergbaber Amphilius uranoscopus - Gewone bergbaber

Zaireichthys Zaireichthys rotundiceps - Gevlekte-sandbabertjie Zaireichthys dorae - Chobe-sandbabertjie

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse