Die Kaalkop-glasvis (Ambassis dussumieri) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Bald Glassy.
Voorkoms Die vissie word nie langer as 100 mm nie.
Habitat Die vis leef in strandmere en sout mere in Mosambiek en KwaZulu-Natal en ook in beskutte tropiese water van die Atlantiese Oseaan. Hulle kan oorleef in varswater maar slegs binne 'n nou temperatuurband van 23 - 26 °C. Hulle vreet skaaldiere.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Ambassis-dussumieri.html
Kategorie:Baarsagtiges