Casper de Vries is 'n Afrikaanse komediant en akteur. Hy is veral bekend vir sy eenman-vertonings en skurwe taal. Baie Afrikaners hou van sy humor, hoewel sommige dit as walglik beskou.

De Vries is op 1 Junie 1964 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy is die seun van 'n Suid-Afrikaanse vader en 'n Nederlandse moeder en het dubbele burgerskap. Hy het drama aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy afstudeeropdrag in 1986 (die voorstelling: Hallo Suid-Afrika) was die begin van sy professionele loopbaan. Daarna tree hy jaar-na-jaar in vertonings op, tot hy in 1997 met sy eenman-vertonings begin het. Behalwe Afrikaans praat hy ook vlot Nederlands.

Lewendige vertonings Hier is 'n lys van sy eenman-vertonings:

Walgwors (1997) Wetter (1998) Toet & Taal (1999) Laat Daar Lag Wees (2000)/(2001) DiMensie (2002) Die Hits (2003) Snaaks Genoeg (2004) My Wêreld (2006) Mondig (2007) BroedersAncestors (2009) Gaan Groot (2010) Vark in hel (2011)

Filmografie Rolprente waarin De Vries gespeel het:

Egoli: Afrikaners is plesierig, 2010 Haak en Steek as Blertsie du Toit en Hanno Gelderblom Alec to the Rescue (1999) as Train Steward Soweto Green (1995) as Adrian Fluit Sweet 'n Short (1991) as George Weedle Taxi to Soweto (1992) as 'n Telekommunikasie Ingenieur Kwagga Strikes Back ook bekend as Oh, Shucks-here comes UNTAG (1990) as Jaap van den Ploes

Sien ook Lys van bekende Suid-Afrikaners

Eksterne skakels Video's op YouTube

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante Kategorie:Geboortes in 1964 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners