Die Langstekel-glasvis (Ambassis ambassis) is 'n vis wat voorkom in Mauritius, Madagaskar en die aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Umtatarivier. In Engels staan die vis bekend as die Longspine Glassy.

Voorkoms Die vissie word nie langer as 150 mm nie. Die kieudeksels se rante is skerp getand.

Habitat Die vis, eintlik 'n seevis, kan leef in varswater tussen 7 - 32 °C. Hulle is nagvreters en vreet wel skaaldiere, larwes en insekte.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakels https://www.fishbase.se/summary/Ambassis-productus.html

Kategorie:Baarsagtiges