Microphis (Pypvisse) is 'n genus van visse wat aan die familie Syngnathidae behoort. 'n Kenmerk van die genus is dat die spesies in varswatermere en riviere leef in die Indiese-Pasifiese area. Die mannetjies het broeisakke waarin hulle die wyfie se eiers dra totdat dit uitbroei. Twee sulke spesies kom in Suider-Afrika voor.

Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Microphis brachyurus - Kortstertpypvis Microphis fluviatilis - Varswaterpypvis

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Kategorie:Beenvisse