Ambassis (Glasvisse) is 'n genus van visse wat aan die familie Ambassidae behoort. Die genus is klein en kom hoofsaaklik voor in tropiese strandmere en dring soms die mondings van riviere binne. Hulle staan bekend as glasvisse omrede hulle deurskynend lyk. Die getande gleuwe op die kop is kenmerkend van die genus. Die familie bestaan uit 24 spesies wat in die Indiese-Pasifiese area voorkom en drie spesies kom in Suider-Afrika voor.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Ambassis dussumieri - Kaalkop-glasvis Ambassis natalensis - Slankglasvis Ambassis ambassis - Langstekel-glasvis
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse