Die Republiek van Texas (Engels: Republic of Texas) was 'n onafhanklike Noord-Amerikaanse republiek wat op 2 Maart 1836 gestig is en tot op 19 Desember 1845 bestaan het. Die republiek het toe die Staat Texas, die agt-en-twintigste deelstaat van die Verenigde State geword.

Oorsig duimnael|links|Die eerste vlag van die Republiek van Texas vanaf 1836 tot 1839. duimnael|links|Verskeie voorstellings vir Texas se noordelike en westelike grense tydens die debat van 1850.

Die Republiek, wat ná die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog van Meksiko onafhanklik geword het, het die gebied van die huidige Amerikaanse deelstaat Texas en dele van Nieu-Meksiko, Oklahoma, Kansas, Colorado en Wyoming, volgens die Verdrag van Velasko met Meksiko, geëis.

Die oostelike grens met die Verenigde State was volgens die Adams-Onís-Verdrag van 1819 tussen die Verenigde State en Spanje gedefinieer. Die suidelike en westelike grens was tydens die hele bestaanstydperk van die Republiek omstrede, waarin Texas die Rio Grande en Meksiko die Nueces River as gemeenskaplike grens beskou het. Hierdie konflik het ná die anneksasie van Texas deur die Verenigde State tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog gelei.

Presidente en Visepresidente + Presidente en Visepresidente van die Republik van Texas van tot President Visepresident 16 Maart 1836 22 Oktober 1836 David G. Burnet(voorlopig) Lorenzo de Zavala(voorlopig) 22 Oktober 1836 10 Desember 1838 Sam Houston Mirabeau B. Lamar 10 Desember 1838 13 Desember 1841 Mirabeau B. Lamar David G. Burnet 13 Desember 1841 9 Desember 1844 Sam Houston Edward Burleson 9 Desember 1844 29 Desember 1845 Anson Jones Kenneth L. Anderson

Verwysings

Eksterne skakels

Republic of Texas Historical Resources The Avalon Project at Yale Law School: Texas – From Independence to Annexation Early Settlers and Indian Fighters of Southwest Texas by Andrew Jackson Sowell 1900

Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Texas