Zazaki (Zazakî / Kirmanckî / Kirdkî / Dimilkî) is 'n Indo-Europese taal wat veral in die oostelike Turkye deur die Zaza gepraat word. Die taal behoort aan die Zaza-Gorani-taalgroep van die Irannese tale se noordwestelike tak. Die glossoniem Zazaki het as 'n pejoratief ontstaan en baie Zazas noem hul taal Dimlî.

duimnael|links|Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word: Terwyl Zazaki in linguistiese opsig nouer verwant is aan Gorani, Gilaki, Talisj, Tati, Mazanderani en Semnani, het Koerdies na eeue se interaksie 'n diepgaande impak op dié taal gehad wat die grense tussen die twee tale vervaag het. Dit en die feit dat die meerderheid Zazas hulself as etniese Koerde beskou, het taalkundiges aangemoedig om dié taal as 'n Koerdiese dialek te klassifiseer. Prof. Dr. Kadrî Yildirim & Yrd. Doç. Dr. Abdurrahman Adak & Yrd. Doç. Dr. Hayrullah Acar & Zülküf Ergün & Îbrahîm Bîngol & Ramazan Pertev, Kurdî 5 – Zazakî, Milli Eğitim Bakanlığı, 2012

Volgens Ethnologue (wat [Paul 1998] siteer), praat tussen 1,5 en 2,5 miljoen mense Zazaki (insluitende alle dialekte). Volgens Nevins is die aantal Zazaki-sprekers tussen 2 en 4 miljoen.

Voorbeelde Afrikaans Nederlands Engels Zazaki Agt Acht Eight Heşt Ek Ik I Ez Jou Jou Thou Tı/Tu My Mijn My Mı(n) Voor Vóór Pre Ver Onkruid Wier Weed Vaş Môre Morgen Tomorrow Meşte Bladsy Pagina Page Pele/Pelge Wind Wind Wind Va Pa Pater Father Pi/Baw Ma Moer Mother Maye/Daye Broer Broer Brother Bıra Bring! Brengen! Bring! Biya! Reën Regen Rain Varan Voet/Been Loden/Poot Leg/Foot Lınge/Pa Ses Ses Six Şeş Sewe Zeven Seven Hewt Groot Groot Grand Gırd Nee Nee No Nê/Ney Naeltjie Navel Navel Nak Aarde Aarde Earth Erd/Hard Ster Ster Star Estare/Astare Sout Zout Salt Sole Weduwee Weduwe Widow Viya Veer Voorjaar Spring Wesar Nie Niet Not Niyo

Verwysings

Eksterne skakels

Zaza People and Zazaki Literature Zaza history and Zazaki language Only Zazaki news Institute of Zaza Language Zazaki People Zazapress

Kategorie:Koerdiese tale Kategorie:Tale van Turkye