Die Ficksburgtornado het op 2 Oktober 2011 voorgekom in die westelike dele van die informele nedersetting, Meqheleng, by Ficksburg. Die storm het omstreeks 14:00 losgebars.

In hierdie ramp het 'n negejarige seun, Jama Mokhekhe, weens trauma aan die ingewande en veelvoudige wonde veroorsaak deur vlieënde brokstukke omgekom,http://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/tornado-flattens-free-state-homes-1.1149076#.UFRVCK7TXcs terwyl tientalle beseer (waarvan 2 ernstig) en honderde dakloos gelaat is. Een-honderd-twee-en-twintig HOP-huise is vernietig. Die ambulansdiens het 42 beseerdes na die Phutuloha-hospitaal vervoer en vir snyplekke, kneuswonde en bloeding behandel.

Daar heers verskille of hierdie tornado as 'n fratsverskynsel geïdentifiseer moet word of nie. Hoewel tornado's in Suid-Afrika wel in die lente en somer voorkom, vind dit eintlik eers werklik vanaf November plaas.ibidhttp://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Tornado-verniel-Ficksburg-20111002

Sien ook

Duduzatornado Roodepoorttornado‎

Verwysings

Kategorie:Tornado's in Suid-Afrika