duimnael|links|Kaart van die vierlandepunt in 1864. duimnael|links|Poskaart van Neutraal Moresnet in 1900. Neutraal Moresnet (Duits: Neutral-Moresnet, Frans: Moresnet Neutre, Nederlands: Neutraal-Moresnet) was ‘n klein Belgiese-Pruisiese kondominium wat van 1816 tot 1920 bestaan het. Voor Belgiese onafhanklikheid in 1830, was die gebied 'n Nederlandse-Pruisiese kondominium. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is die gebied deur Pruise geannekseer alhoewel die Geallieerdes die anneksasie nie erken het nie.
Die gebied maak nou deel uit van die Belgiese stad Kelmis. Tans stel Esperanto-sprekers belang in Moresnet weens inisiatiewe in die vroeër 20ste eeu om ‘n Esperanto-talige land, Amekijo, in die gebied te stig.
Kategorie:Esperanto Kategorie:Geskiedenis van België Kategorie:Geskiedenis van Duitsland Kategorie:Geskiedenis van Nederland