Rod Alexander is 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy het in die 70’s bekendheid verwerf as die snip in die rolprent Snip en Rissiepit.
Na skool voltooi Alexander sy diensplig by die Valskermbataljon in Bloemfontein, waarna hy 'n ruk werk om geld te spaar om oorsee te studeer. Hy vertrek na Londen en studeer aan die Agric Kollege en RADA. Sy eerste teateroptredes was in Londen in Hair en die Rocky Horror Show. Nadat hy na Suid-Afrika terugkeer, speel hy in verskeie Afrikaanse rolprente, waaronder: Snip en Rissiepit, Aanslag op Kariba, Dans van die flamink, Hank Henry en Vriend, Daan en Doors oppie Diggins en Kaptein Caprivi.
Hy het ook in verskeie produksies soos The Villagers, The Settlers, Taakmag, Vyfster en The Diggers verskyn. Hy het 'n draai op die Egoli-stel gemaak as inspekteur Farrell wat Lynette se dood ondersoek het.Romantiese held Rod ‘altyd maar ’n plaasseun’ , Rapport, 16 September 2012Profiel op mnet.co.za, besoek op 16 September 2012
Filmografie Wild at Heart (TV-reeks), 2007 as Coetze Windprints, 1990 as Klaus Blind Justice, 1990 Vyfster (TV-reeks), 1984 Mister Deathman, 1977 Hank, Hennery en Vriend, 1976 Daan en Doors oppie Dieggins, 1975 Dans van die Flamink, 1974 Snip en Rissiepit, 1973 as Joerie Anker
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense